Van Lingen (67) op stryk in seldsame sege teen Emirate
Krieket
Met wisselvallige uitslae is die Namibiërs se vierde posisie op die algehele reeks se puntelys nie besonder veilig nie.
Die Richelieu Eagles het gister teen die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) wraak geneem en hul eerste internasionale eendagwedstryd (ODI) van die pas voltooide driehoekige reeks by die Unitedveld met agt paaltjies ingepalm.
Dit was die laaste botsing van die ICC Wêreldbeker Liga Twee-minireeks in Windhoek tussen Namibië, die VAE en Verenigde State van Amerika (VSA) waar die spanne elk twee keer teen mekaar gespeel het.
Die VSA het in die reeks agt waardevolle ligapunte opgeraap deur Namibië en die VAE beide twee keer te klop. Die Eagles en die VAE kon slegs twee punte elk teen mekaar bewerkstellig.
Indien Gerhard Erasmus laas Vrydag die VAE ingestuur het om eerste te kolf toe hy die loot gewen het, kon die Eagles straks vier broodnodige punte in die sakkie gehad het. Met ‘n paar belowende, dog onervare spelers wat blootgestel is, was die afgelope reeks nie juis ‘n toonbeeld van deurlopende topgehalte krieket deur die Namibiërs nie. Die veelsydige topkolwer Jan Frylinck (dyspier) het ook halfpad deur die reeks beseer geraak.
Die VSA het die Namibiërs twee keer ingestuur om eerste te kolf en die VAE een keer. Die Amerikaners het drie botsings gewen deur tweede te gaan kolf.
Gister se oorwinning
Namibië (194/2 in 28.5) klop die Emirate (190 almal uit in 43.2) met agt paaltjies.
Vir die eerste keer in ‘n lang tyd het JJ Smit vandeesweek weer op internasionale vlak sy linkerarm naatboulwerk op die proef gestel, nadat knaende knieprobleme hom vir ‘n lang tyd gedwing het om net op sy kolfwerk te konsentreer.
Smit het gister uitstekend geboul met 3 paaltjies vir 50 lopies in 8.2 boulbeurte en opnuut gewys hoe waardevol hy as ‘n veelsydige speler kan wees.
Bernard Scholtz (2/26 in 9, 1 leeg) het die VAE se lopiekraan toegedraai en Tangeni Lungameni was vrek suinig met 2/36 in 10, 1 leeg.
Michael van Lingen (67 van 42 b) en JP Kotzé (40, 63 b, 6x4) het die Eagles se kolfbeurt geopen en was ná 10 boulbeurte gerieflik in beheer op 66/0 en het hul vennootskap tot 98 lopies ná 13 gevoer.
Van Lingen het in sy warrelwind-kolfbeurt met 12 viere en twee sesse laat loop en sy vyfde ODI-vyftigtal behaal. Hy spog ook met vyf honderdtalle in 39 kolfbeurte.
Erasmus (59 nie uit nie van 46 b, 6x4, 3x6) en boulsyfers van 1/44 in 8, was geensins spaarsamig met sy wilger nie. Hy het opnuut sy staal gewys toe hy van 41 balle sy 16de ODI-vyftigtal in sy 51ste kolfbeurt behaal het. Met 1 957 lopies in sy ODI-loopbaan is hy binne bereik (43 lopies) van die 2 000-mylpaal.
Zane Green (21 nie uit nie van 21 b, 3x4) was saam met sy kaptein voor die penne toe Erasmus die wenlopies behaal het.
Nou vir die T20’s
Hoewel die ODI-reeks afgehandel is, begin dieselfde drie spanne Sondag met ‘n internasionale T20-reeks, wat na die Wanderersveld verskuif
Die gasheerspan en die Emirate sal Sondag in die eerste T20I koppe stamp, voor Maandag se VAE teen VSA. Die T20’s begin daagliks om 14:00.
Aangesien Namibië se T20I-rekord veel beter as sy ODI-rekord is, kan die Eagles hopelik die bordjies verhang.
Namibië se ODI-rekord sedert April 2019
2019 (wen 4 uit 5)
2020 (wen 1 uit 3)
2021 (wen 1 uit 2)
2022 (wen 13 uit 20)
2023 (wen 4 uit 11)
2024 (wen 4 uit 12)
Die Eagles het sedert 2019 in 53 ODI’s gespeel waarvan hulle 28 gewen en 25 verloor het. Hul rekord teen opponente in dié periode: Teen Jersey (wen 1); teen Kanada (wen 1); teen Nederland (wen 1, verloor 1); Nepal (wen 5, verloor 2); Oman (wen 6, verloor 3); Papoea-Nieu-Guinee (wen 7); Skotland (wen 1, verloor 7); VAE (wen 1, verloor 7); VSA (wen 4, verloor 5).
– [email protected]

Kommentar
Allgemeine Zeitung
Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen