WHS-ontmoeting in Frankryk
Rugby
Die agtsteman Riaan Grové (regs) en André van der Berg se paaie het laas naweek gekruis in die kleure van hul klubspanne in Frankryk se Federale 1-liga. Grové (21), wat tevore by Aurillac se ontluikende groep gekontrakteer was, het in die huidige seisoen vir sy nuwe klub Sarlat uitgeblink met sewe drieë in ses wedstryde – insluitend een voor rustyd in laas naweek se oorwinning met 26-25 teen US Limoges. Laasgenoemde klub het vir Van der Berg vroeër vanjaar vanaf Wanderers in Windhoek bekom. Die 26-jarige Van der Berg, ‘n lid van Namibië se 2023 Wêreldbekergroep in Frankryk, is normaalweg as losskakel of heelagter bekend, maar het laas Saterdag vir Limoges as binnesenter begin en het twee strafdoele en een doelskop bygedra. Van der Berg (tot 2016) en Grové (tot 2021) het beide by Windhoek Hoërskool gematrikuleer en het die nasionale o.18-skolespan en o.20-span verteenwoordig. Op die huidige puntestand is Sarlat tans sesde en Limoges sewende uit 12 spanne in hul Federale 1-groep. Foto verskaf
Kommentar
Allgemeine Zeitung
Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen